|

Hierdie
model is gebaseer op 'n kombinasie van die BEGINSELS wat gebruik
word in tradisionele hipnoterapie en mediese behandeling. Die
naam mag misleidend wees, deurdat dit die indruk skep dat dit slegs
gerig is op die behandeling van fisiese probleme (soos hoë bloeddruk,
artritis, ens.) Nietemin verwys dit na 'n model wat soortgelyke
beginsels gebruik as daardie wat betrek word geneeskunde om
pisgolgoiese probleme (wat soms ook as fisiese probleme kan
manifesteer), te behandel. Wanneer jy byvoorbeeld jou mediese
geneesheer raadpleeg met sekere fisiese simptome, wil die dokter 'n
diagnose maak en mag hy of sy gevolglik spesiale ondersoeke vereis,
soos X-strale, bloedanalise, urienanalise, ens. Nadat alle
resultate verkry is, maak hy of sy 'n diagnose en die diagnose rig
sy of haar mediese behandeling. In mediese hipnoanalise word
soortgelyke beginsels gebruik, maar eerder soos toegepas op
psigologiese probleme. Mediese hopnoanalise betrek
gespesialseerde psigologiese tegnieke wat gebruik word om beide die
bewuste- en onbewuste verstand te ontleed en die onderliggende
oorsaak van die pasiënt se probleem te ontdek. Hierdie
gespesialsieerde tegnieke sluit in 'n gedetalleerde
lewensgeskiedenisvraelys, 'n woordassosiesietaak, droomanalise,
ourderdomsregressie, ens.
Gebaseer
op die inligting wat uit die onbewuste verstand herwin is, sluit die
diagnoses wat in mediese hipnoanalise gemaak word die volgende in:
-
Identiteitsprobleem (die gevoel dat jy nie behoort nie; nie
gelieg voel nie)
-
Ponce de Leon-sindroom (emosionele onvolwassenheid)
-
Jurisdiksionele probleem (onvanpaste skuld)
-
Lopende zombie-sindroom (doodsgevoel, depressie)
-
Doodsverwagtingsgevoel (angs)
In
mediese hipnoanalise is die mikpunt om die sensitiserende
gebeurtenis (waar die onkruid in die grond te lande gekom het) te
ontedek en dit te vernietig, met wortels en al.
|