Tradisionele geïntegreerde kliniese hipnoterapie

   

Hierdie is die model wat die meeste mense met hipnoterapie assosieer.  Dit is gebaseer op psigoanalitiese (Freudiaanse) beginsels en inkorporeer alle vorme van psigoterapie.  Die beginsel berus daarop dat die pasiënt sy/haar onbewuste verstand binnegaan om ondersoek in te stel na verskuilde ervaringe/belewenisse vanuit die verlede, om dit sodoende te ontedek, te ontleed en op te los.  Dit word gedoen deur middel van ouderdomsregressie, droomanalise, vrye assosiasie, ens. met die doel om die traumatiese ervaring(e) wat die probleem veroorsaak, te ontdek.  Dit word bereik deur die vestiging van negatiewe emosionele konneksies binne die onbewuste verstand.  Met die ontdekking van die traumatiese ervaring, word die krag van die pasiënt se eie onbewuste benut, om soedoende die negatiewe konneksies te verbreek en met wenslike konneksies te vervang.  In hierdie proses verdwyn die simptome en vind genesing plaas.

Tradisionele kliniese hipnose is 'n multimodulêre-, holistiese, eklektiese en integrerende benadering tot hipnoterapie.  Die model bied die terapeut 'n holistiese begrip van ontwikkeling, groei en patologie.  Verder is dit die terapeut wat behulpsaam is met die ontwikkeling van 'n buigbare en individualistiese terapeutiese filosofie/wysbegeerte, wat 'n wye verskeidenheid hipnoterapeutiese tegnieke betrek, insltuiend geestelike, analitiese, direkte -en indirekte tegnieke.  Die terapeut benadruk veral die belangrikeid van geestelike- en psigolgiese groei, asook gesondheid as integrale deel van die terapie.  Alhoewel daar 'n verskeidenheid benaderings bestaan wat benut kan word met die toepassing van tradisionele kliniese hipnoterapie, is die bolgende vier die prominentste en word it ook aangewend in die praktyk:

  • Direkte suggesties om kognitiewe herstrukturering te bewerkstellig.  Hierdie benadering verg die verskaffing van direkte suggesties aan die pasiënt, met die doel om sy of haar denkprosesse te herstruktureer of te herorganiseer.
     
  • Indirekte suggesties, byvoorbeeld die gebruik van metafore en voorstellings.  Die metode gebruik indirekte hipnotiese suggesties en metafore.  Op hierdie wyse word hipnose die kins om 'n pasiënt se aandag te verkry en vervolgens idees effektief te kommunikeer, wat lei tot die ontwikkeling en verbetering van motivering, asook die verandering van persepsies.
     
  • Psigodinamiese- en psigoanalitiese benaderings betrek die toepassing van vrye assosiasie, spesifiek transpersoonlike benaderings, droomanalise, asook die analise van oordrag en weestand.
     
  • Klassieke hipnoanalise verg byvoorbeeld ouderdomsregressie en die ondersoek na onbewuste konflikte.
     

Kopiereg © 2011 Dr. J.S. Scholtemeyer.  Alle regte voorbehou.