|

Binne
hierdie model van hipnoterapie, werk die hipnoterapeut op 'n
INDIREKTE wyse om die pasiënt behulpsaam te wees met die bereiking
en beïnvloeding van sy/haar onbewuste verstand. Die
hipnoterapeut gebruik 'n gespesialiseerde taalstelsel deur metafore,
verhale, sprokies, gedigte, grappe, idiome, ens. te benut, op
gesellige, informele wyse, om die onbewuste verstand lesse te leer.
Volgens die model van hipnoterapie is dit meestal nie noodsaaklik om
die verlede te ontleed met die doel om die trauma te vind wat die
simptome veroorsaak het nie, maar eerder te werk in die hede en die
simptome te benut om verandering te bewerkstellig in die hier en nou
(die hede). Dus om die effektiewiteit van die hipnoterapie te
bevorder, inkorporeer die terapeut enige iets wat die pasiënt
indirek openbaar in terapie (byvoorbeeld liggamshouding, beeldspraak,
ens.) of enige iets wat plaasvind in die omgewing op daardie tydstip
(byvoorbeeld 'n verbygaande straalvliegtuig, 'n wind wat 'n deur
laat raas, ens.). Die hipnoterapeut benut dus die pasiënt se unieke
benadering tot, sowel as ervaring van die wêreld. Die terapeut
is konstant besig om beide met die pasiënt te kommunikeer, asook die
pasiënt tussen die reëls waar te neem. Dit alles is die kern
van Ericksoniaanse hipnoterapie, met die doel om die hupbronne van
die pasiënt se onbewuste verstand te benut om sodoende 'n nuwe
begrip van sy/haar simptome in die hier en nou te verkry en dit te
wysig tot die pasiënt se voordeel. |