Bio-en neuroterugvoer : BCIA EEG gesertifiseer

   

 

Bioterugvoer is 'n inoefeningstegniek wat ons leer om ontspanne te bly en dus ons stresvlakke te verminder, terwyl ons gesondheid en verrigting bevorder word.  Bioterugvoer word oor die algemeen benut vir ontspanning, sowel as stresbeheer.

Stres veroorsaak dat ons spiere saamtrek, wat kan aanleiding gee tot pyn en lyding.  Bioterugvoer kan verligting bring vir dié wat ly aan:

  • migraine of spanningshoofpyn;
     
  • depressie;
     
  • angs, en
     
  • hipertensie.

Bioterugvoer is 'n nie-indringende soort terapie.  Sensors of elektrodes word aan die liggaam gekoppel wat gevolglik terugvier verskaf op 'n rekenaarskerm wat betref:

  • spierspanning;
     
  • harttempo;
     
  • asemhaling, en
     
  • stresvlakke.

Bioterugvoer leer ons om ons eie breinkrag te gebruik om 'n groter mate van beheer oor ons liggame te bring.  Met behulp van bioterugvoer leer ons om stressors, sowel as ons fisiologiese responspatrone te herken, te begryp en te interpreteer.

Breingolwe

Ons brein funksioneer en kommunikeer met ons ligaam deur elektriese impulse, genaamd breingolwe.  Breingolwe beweeg teen verskillende frekwensies, soos hieronder gekategoriseer.  Elke kategorie word geassosieer met sekere gemoedstoestande en funksies:

  • Beta - angs, stres, probleemoplossing
     
  • SMR - kalmte, ontspannendheid, fokus
     
  • Alpha - dagsdromery, top verrigting
     
  • Theta - meditasie, kreatiwiteit, insig
     
  • Delta - slaap

Ons slaap (lae beta) breingolwe het die bykomende funksie van selfregulering, wat ons in staat stel om gepaste breingolwe vir gegewe situasies te kan produseer.  Ideaal wil ons 'n groot hoeveelheid stadige alpha- en theta- golwe besit, wat geassosieer mag word met ontpsanning en die produsering van serotonien en endorfiene en baie SMR- sowel as beta 1- golwe wat weer konsentrasie bevorder.  Hierteenoor wil ons baie min vinnige hoë beta-golwe, wat geassosieer word met oormatige adenalien, besit.

Neurotergvoer

Neuroterugvoer is 'n nie-indringende, pynlose en gebruiksvriendelike prosedure waarby- breingolfaktiwiteit opgespoor en ontleed word.  Die doel met neuroterugvoer of neuroterapie is om die brein te oefen, sodat 'n gesonder breingolfprofiel verkry kan word.  Dit kan breingolfaktiwiteit verhoog, wat aanleiding gee tot verbeterde aandag en konsentrasie.  Dit kan ook aangewend word vir 'n verskeidenheid toestande en gebrekke waar die brein nie voldoende funksioneer nie.  In gevalle soos- siekteaanvalle (epilepsie), traumatiese breinbeserings, beroerte en outisme, organiseer dit die brein om beter te funksioneer, binne die konteks van waar ook al die besering of verlies bestaan.  Om ons brein te beheer, is duidelik die sleutel tot beide die bereiking van optimale intellektuele-, akademiese-, en atletiese verrigting, sowel as tot die aanspreking van toestande wat verband mag hou met aandag, konsentrasie, impulsiwiteit, en bewegingsversteurings soos Parkinsonisme en distonie.

Kliek hier om die Bio-en neuroterugvoer pamflet te verkry

 

Kopiereg © 2011 Dr. J.S. Scholtemeyer.  Alle regte voorbehou.